Connect with Us

Subscribe to:

Enter your email address:

Delivered by FeedBurner
 
Listing Counter
There are 8168 active South African websites and blogs listed on SimplyLinks.co.za. Get listed »
 
Sponsored Links
 

Kom vry in jou eie taal

By Rene Pfaff, 06.06.09 | Comments
Waarom verkies so baie mense on aan te sluit by 'n Afrikaanse "dating" site?  Hierdie “dating”webtuistes is spesiaal ontwerp vir en gerig op enkellopende Afrikaans-sprekende individue.  Baie “dating” webtuistes spog met miljoene lede dwarsoor die wêreld.  Hierdie is nie ’n voordeel nie want om die perfekte pasmaat tussen soveel uiteenlopende lede te soek is regtig soos om vir ’n naald in ’n hooimied te soek.  Dit is omdat navorsing bewys dat ‘n verhouding met ‘n persoon wat ’n soortgelyke opvoeding, waardesisteem, agtergrond en sosiale belangstellings het ’n baie groter kans op sukses het.  Ander taalgroepe sal net nooit ten volle die unieke humorsin en sosiale gedrag van die Afrikaanssprekende kan verstaan.  Om dus aan te sluit by ’n klub waar jy die kans het om iemand te ontmoet wat jou waardes, grappies en behoeftes verstaan, is baie meer voordelig as om met duisende individue te kommunikeer wat niks met jou in gemeen het nie. 

 

 Is daar werklik ’n deksel vir elke pot?

 Ons Verhoudings Guru en Aanlyn-Sielkundige glo dat elke persoon daarbuite ten minste een deksel het wat perfek by hom/haar pas.  Om egter te glo dat hierdie deksel net eendag gaan opdaag en aan jou deur klop is bietjie naief.  Ons moet bereid wees om onself oop te stel vir daardie deksel daarbuite en om bietjie te waag en met ander te kommuniker wat dieselfde behoeftes as ons het.  Dit is egter nie so maklik om ander te ontmoet in vandag se gejaagde en onveilige wêreld nie.  Webtuistes soos www.mypotsedeksel.com is dus ’n baie veilige, gerieflike en pret manier om kontak te maak met ander enkellopendes, jou toe te laat om die kaf van die koring te skei en dan die volgende stap te neem en daardie persoon van aangesig-tot-aangesig te ontmoet as jy uiteindelik seker en braaf genoeg is! Die Verhoudings-spesialis sal jou  help om deksels te ontmoet, kontak te maak, die proses aan die rol te sit en dan die opwindende reis saam met die perfekte deksel te geniet.

 

Hoe w0rd anonimitiet gewaarborg?

 

Alle kommunikasie geskied deur 'n interne kommunikasiesisteem.  Jou persoonllike inligting (insluitende jou e-pos adres) word dus nooit aan ander getoon nie.  Daar is ook 'n ooreenkoms om nie persoonlike inligting aan enige derde party sonder jou toestemming te plaas nie )wat dikwels gebeir by sogenaamde "gratis" webtuistes. .  Dit is jou verantwoordelikheid om nie hierdie persoonlike inligting aan ander te verskaf tensy jy wil hê hulle moet in staat wees om jou persoonlik te kontak nie.

 

Hoe kan ons verseker wees van professionele diens?

 Jy kan nie altyd seker wees nie want baie webtuistes word deur persone bestuur wat net belangstel in geldmaak en vir hulle is die eerste prioriteit om adverteerders te werf en hul verhoudings-sukses is baie minder belangrik.  Maak dus seker wie jou "dating"  webtuiste  bestuur soday jy  verseker kan wees van 'n  ’n hoë vlak van etiese en professionele gedrag en diens ten alle tye.

 

Die belangrikste is om vandag nog jouself oop te stel vir die moontlikheid om iemand spesiaals te ontmoet, iemand wat perfek by JOU sal pas.  'n Deksel vir JOU pot....

 

  


About The Author:
Rene Pfaff is a registered Psychologist and relationship specialist with a passion for matchmaking and relationships in general. She is also passionate about Afrikaans and the ability to reach so many people in their own language on the internet.
More info: Kuberliefde in Afrikaans
myScoop