Nuwe Afrikaanse Sosiale Netwerk – Volksmond
Afrikaanse Sosiale Netwerk – Volksmond
Onthou jy nog die dae van telegramme en posduiwe?
Dit voel soos ‘n ewigheid terug. Gelukkig het tye drasties verander en tegnologie het die heersende kommunikasie middel geword. Met behulp van selfone, rekenaars, i-pads ensovoorts kan mense beter en makliker kommunikeer en op hoogte bly van wêreld gebeure.
So is daar ook vele sosiale netwerke waar jy kan aansluit om deel van die gewoel te word. Volksmond gee aan die Suid Afrikaner ook die geleentheid om in sy eie taal sy sê te sê . ‘n Eg Afrikaanse Sosiale Netwerk waar jy kan deelneem aan Forums, oor enige onderwerp kan gesels wat jou interesseer of jou nuuskierigheid prikkel. Daar is groepe wat jy kan stig of by aansluit om stokperdjies, reddings projekte of net algemene onderwerpe kan loots of aan behoort. Daar is ook ‘n spesiale lidmaatskap vir Musikante, bekend of onbekend waar hulle hul musiek kan oplaai en bemark.
Die netwerk is gebruikers vriendelik en aansluiting is Gratis. Nie net kan jy deel wees van Volksmond nie maar jy is automaties gekoppel aan al jou ander gunsteling sosiale netwerke soos Facebook, Twitter, MySpace ens.
Kom ervaar Afrikaans en die Afrikaner gees soos nêrens anders nie, almal is welkom, van jong tieners met giere en belangrike vermaaklikheid sterre, van oud en wys met gesegdes en boererate vir alle kwale. Sluit aan by Volksmond en kuier in eg Afrikaans.
Besoek ons vandag nog by http://www.volksmond.co.za/
Elaine
More info: Volksmond

Categories